Log in
Use App
…
Log in
Elrika Van der Merwe
By Elrika Van der Merwe

Strooppoffers

Bettie Alberts het die resep van hierdie lekkerny by haar dogter gekry. Hulle noem dit warmwater stroopvetkoekies. Bettie sê die poffers vries baie goed. Sy verkoel die stroop gewoonlik oornag in die koelkas. Lewer nagenoeg 5 dosyn strooppoffers.
Updated at: Sun, 15 Nov 2026 08:22:47 GMT

Nutrition balance score

Uh-oh! We're unable to calculate nutrition for this recipe because some ingredients aren't recognized.

Ingredients

0 servings

Stroop

1 litre water
1 litrewater
witsuiker
Sap
van 1 suurlemoen

Beslag

50gwitsuiker
25gmargarien
by kamertemperatuur
2eiers
1pakkie
bruismeel
15mlbakpoeier
1mlsout
skil
Fyn gerasperde, van 1 suurlemoen
Sonneblomolie
vir diep braai

Instructions

Step 1
VERHIT die water en witsuiker tot kookpunt en roer net totdat die suiker gesmelt het. Kook dit 10-12 minute lank oop. Laat dit afkoel. Roer die suurlemoensap by en verkoel tot yskoud. Gooi dit in 'n diep houer soos 'n liter-maatbeker
Step 2
Klits die witsuiker, margarien en eiers goed saam. Sif die bruismeel, bakpoeier en sout bo-oor. Voeg die suurlemoenskil en kookwater by en roer tot gemeng. (Dit is 'n slap beslag.)
Step 3
Verhit sonneblomolie tot matig warm. Skep dessertlepelsvol van die beslag in die olie en bak dit eers aan die een kant en dan aan die ander kant tot goudbruin.
Step 4
Skep die gaar poffers vinnig met 'n dreineerspaan uit en dompel dit dadelik met 'n gleuflepel in die koue stroop. Skep dit uit en laat die oortollige stroop afdrup. Bewaar dit in die koelkas.

Notes

0 liked
0 disliked
There are no notes yet. Be the first to share your experience!